| Vers nr. | Vers | Voetnota |
|---|---|---|
| 1 | Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. | |
| 2 | Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. | |
| 3 | Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas. | |
| 4 | Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Genadig en barmhartig is die Here. | |
| 5 | Hy voed diƩ wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. | |
| 6 | Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee. | |
| 7 | Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, | |
| 8 | hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. | |
| 9 | Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. | |
| 10 | Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand. |
Ontwikkel deur